«

»

Apr
14

Gesondheid en Welvaart met TLC … Joyce TLC-Randburg

“Op die ouderdom van 28 jaar, was ek oorgewig en ‘n ongelukkige persoon, wat gesukkel het met hoe bloeddruk, permanente moegheid en “stress” omdat ek nie kan swanger raak nie.  Het ook gelei aan depressie en hardlywigheid.  Was moeg om elke keer as ek gaan klere koop weer ‘n nommer groter moes aanpas – gevaarligte het geflikker……….

 ‘n Vriendin het my en my ouers vertel van TLC.  Ons het aangesluit by die BESTE VET-VERLIES program waar kos jou medisyne word en nie jou vyand is nie.  Die gesonde eetplan het my en my ouers se lewe verander!

Na ‘n paar maande op lewensstyl riglyne het ek en my ma besluit om deel te word van TLC, sodat ons ander mense kan help en inspireer om ook dieselfde ervaring te ondervind.

Nadat ek my aaklige 26 kilos verloor het, het ek meer energie en my depressie is ook nie meer so gereeld nie.  Vandag is my bloeddruk nogsteeds normaal en ek sukkel amper nooit meer met hardlywigheid nie. Dit is vir my wonderlik om klere te koop en ek kan kies en keur waarvan ek hou.  Na 8 jaar is ek nogsteeds gelukkig in my nommer 12, nadat ek 5 jaar gelede geboorte geskenk het aan ‘n tweeling – twee pragtige seuntjies.

Dankie TLC vir my energie en vir die gesonde eetgewoontes.”

As jy graag ‘n TLC-Weight Loss Coach wil wees, of as jy graag  jou eie TLC-Wellbeing Kliniek in Suid- Afrika wil oopmaak, kan jy ons kontak by

0861 000 852 of marketing@tlcforwellbeing.com

Jy kan  ook  aanlyn die besigheidsgeleentheidvorms invul:  www.tlcforwellbeing.com

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>